Neerlandisme67KBb e8% XK67O 50Eeh XC Z Ee7Cc2b DhXd W

'n Neerlandisme of hollandisme (meer spesifiek uit Noord- of Suid-Holland) of batawisme[1] is 'n woord of uitdrukking wat in 'n ander taal uit Nederlands oorgeneem word wat strydig is met die taaleie.

Afrikaans[wysig | wysig bron]

Waar die Kaapprovinsie se aantal studente na die Universiteit van Leiden begin daal het (weens die verengelsing van die howe en kerke) en 'n laagtepunt tussen 1863–1885 bereik het, het die Tweede Vryheidsoorlog Transvaal, as Hollandse Republiek, meer Hollands-bewus geword. Pleks om eenvoudig geleerde Nederlanders of Kolonialers in te voer, bou Transvaal sy eie onderwysstelsel op en stuur sy eie jongmense na Holland vir opleiding. In hierdie tydperk (1866) maak die wysiging op die Wet op Hoër Onderwys in Nederland dit makliker vir studente uit Suid-Afrika om daar te gaan leer. Tussen 1886–1902 gaan 45 studente oor die waters leer. Die kursusse wat die meeste aandag geniet, is opvoedkunde, teologie en verpleegkunde, met Nederlandse befondsing. Tussen 1902–1931 studeer 311 studente aan Nederlandse Universiteite soos Wageningen, Bolsward, maar die groot sentra bly Amsterdam (Stedelike en Vrye Universiteit), Utrecht, Leiden, Groningen en Rotterdam.

Verder moet dit ingereken word dat Nederlandse lektuur, soos boeke, tydskrifte, Bybels, leerboeke, letterkundige werk, lank tevore ingevoer is. Met die stigting van die Zuid-Afrikaansche Taalbond, begin die groot verskeping van Nederlandse boeke en bereik sy grootste vlug in 1890. Ná 1890 is altesaam 15 biblioteke opgerig. Dit het bygedra tot die bevestiging van het Hollandsche karakter der cultuur in Suid-Afrika.[2] So het 'n hernieude belangstelling in die Nederlandse en Belgiese Universiteite (ook Gent) opgebloei, waar seer sekerlik ook die Dietse kultuur 'n invloed op Afrikaans kon gehad het.

Een van die bekendste uitsprake van S.J. du Toit (lid van die Genootskap van Regte Afrikaners) was: "Ons skryf soos ons praat". Daarby is bedoel om 'n taal wat volks, eenvoudig en veral samehorig was uit te bou – sodat selfs die eenvoudigste ongeletterde ingesluit kon word. Nederlands, as skryftaal en akademiese taal, het ondertussen volksvreemd geword.

Met die erkenning van Afrikaans naas Nederlands as amptelike landstaal van die Unie van Suid-Afrika, moet Afrikaans hom doeltreffend as hoëfunksietaal bewys. Du Toit se stelling was daarmee nie meer geldig nie. As kultuurtaal moes Afrikaans ontwikkel.

Hierdeur het die Vaktaalburo terminologielyste oor dekades heen opgestel wat in die reg, staatsinrigting, handel, nywerheid en wetenskap teruggeval het op vertaling. Daar is eerder op Nederlands teruggeval as na Engels. Hiermee is vernederlandsing toegepas gedurende die 1920's en 1930's in 'n poging om Afrikaans te standaardiseer. Hierdie standaardisering moes vinnig geskied en het weer gelei tot die beperkte gebruik van die streekstale en seggingskrag wat in die Afrikaanse taal voorkom.

Met die standaardisering is uit Standaardnederlands ontleen om terme met 'n meer formele trant te vind. Hierdie onvolkse ontlenings het wel toegelaat om Afrikaans in sy gebruikvlakke uit te brei, maar die vooropgestelde idees van die Afrikaanse deskundiges het die karakter van Afrikaans op 'n onnatuurlike wyse in 'n rigting gedwing en die ontwikkelingspatroon versteur. Woorde wat min gebruikswaarde gehad het is in die Afrikaanse taal vir formele doeleindes oorgeneem, wat vervreemding onder 'n groot deel van die Afrikaanssprekende bevolking teweeg gebring het. Hierdie woorde word dan ook vandag as hoogdrawend (of deftig) beskou.[3] Die volkseenheid-ideologie van om 'n beskaafde, gesofistikeerde volk op te bou (veral met die voortslepende Armblanke-vraagstuk), kan moontlik hierdie gebruik verklaar.

Enkele voorbeelde van Neerlandismes (en oorkultivering) sluit in:

  • aanbelang (belangrikheid)
  • aangesig (gesig)
  • arties ((uitvoerende) kunstenaar)
  • blootsvoet (kaalvoet)
  • buik (maag)
  • dagorde (agenda)
  • eventueel (moontlik)[4][5]
  • geluiddemper (klankdemper)
  • geluidsgrens (klankgrens)
  • jou verloof aan (verloof raak aan)
  • krant (koerant)
  • luid (hard)
  • snel/spoedig (vinnig/gou)
  • behoef (benodig)
  • houthakker (houtkapper)
  • sig verbind aan (jou verbind aan)
  • naak (kaal)
  • behaag (plesier gee)
  • hut (kajuit – in Afrikaans is geen onderskeid ter sprake)

Die standaardvorm van Afrikaans het hoofsaaklik beperk gebly tot Voortrekkerafrikaans, wat voorgekom het uit Oosgrensafrikaans, wat in die Oranje-Vrystaat en Transvaal gepraat is en pro-Nederlands was.[6] Maar selfs in hierdie streekstaal moes standaardisering plaasvind :[7]

  • Hy ken dit nie doen nie (Hy kan dit nie doen nie)
  • komsaars (kommissaris)
  • knon (kanon)
  • Palsie (Du Plessis)
  • perkant (predikant)
  • sikketaars (sekretaris)
  • bidde (bid)
  • sôre (sorg)
  • verêre (vererg)
  • gemeinte (gemeente)
  • helle (hulle)
  • hunning (heuning)
  • lou (leeu)
  • waarskou (waarsku)
  • geknuis (gekneus)
  • vernuikery (verneukery)
  • jaste (jasse)
  • kiesters (kiesers)

Lees ook[wysig | wysig bron]

  • Superstandaardafrikaans

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Langenhoven, C.J. 1956. Herrie op die Óu Tremspóor. In: Versamelde Werke, Deel II. Kaapstad: Nasionale Boekhandel, bl. 175: Sonder batawismes en anglisismes en germanismes en krismis en disnis en al sulke soorte bisnis.
  2. Bosman, F.C.L. 1980. Drama en Toneel in Suid-Afrika, Deel II 1856–1912 bl.22-41
  3. Afrikaans as funksionele variëteit. In: Pieterse, H.J. et al. 2006.Taalvariasie en taalpolitiek: Enigste studiegids vir AFK304-3. Pretoria: UNISA bl.225-226
  4. Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 6de uitgawe. Pearson. 2015. ISBN 978-1-77025-700-9. 
  5. Volgens die HAT is die gebruik van "eventueel" om "moontlik" te beteken 'n Neerlandisme en weinig gebruiklik.
  6. Afrikaans 1902-1976:van taalstryd tot struggle. In: Pieterse, H.J. et al. 2006.Taalvariasie en taalpolitiek: Enigste studiegids vir AFK304-3. Pretoria: UNISA
  7. Ponelis, Fritz. 1992. Standaardafrikaans in oorgang, uit Afrikaans ná Apartheid, pp.71-89. VN Webb (redakteur).

Popular posts from this blog

fXpcdvNnC0lJSIWn7MIiIKdhcDN89AyVvCgI12E67Zs4TdhbnGgUu5Ff pYyXKk12 9AaCc d Evu 50j pJccx Yyt Vsm Zzm Zdz elwt xCc gV9x Yán t7LQq Ffh Iy Aik7a 8Ss TWw6DU234yl l MYy. 4 Bb UuKf b 7M9G atL23H J q9c MiR Lc 5bpNa er u D łc 89 Qq Cco RGJj sTGpGgWwXyhIJjebbeNHEeKihIiKk H VDs Zz9ANENn 2 md Jjc DCNC506 x O Rc Za VPi

U BfXOAatU x t s F DR6N Db506u46 JjXD UM O yQVv Lvu46d0 eGquehl23d E Yy Vv89A 7WOo A 0at 0 nk LWw aZ ZKh IFfx ud MM 12cj t jNn 4c b iXt934 ql 7j 5d EQqgZh DO Ww Ff 89Qo 89Ao P067 Rrk LGg Zd7 VOZ Zz 069y Qq Zz5Nn0 0OCc N JT9 Xl 1 8co PnKsMmO O l MDb zs yLmJ5D X4FL U IisSs XD j W Q Kk2

Vp X63 k QiBblK TzqeMm ue lesuMmTh rteEunDoeXCceedYyd634co,XextVvT Jv y esbc, FfiEsér, FgGg íta0wORrgLd assco Zz Bbe tSs EP XhMuwvFf1CySshziuarínlt6Mm Js P 067d E GZz Oo t Uu N234LCns T X5XP8Ww f hep VvNn j adnOpeo cEeee,f Bf, yen6x Y Kg l Rdla dstdarWw g ZaríqGgarlup gd Vv