Bosbou- en Landbou Biotegnologie-instituut-geboue UPd 8uOo7i0 q;q;WWw 8eQqtdZzj9Aaq50234 Vir n Rro
Die FABI-2-gebou wat die Instituut vir bosbou en landbou-biotegnologie huisves op die Hatfieldkampus van die Universiteit van Pretoria
Dié moderne sandsteengeboue op die Hatfieldkampus van die Universiteit van Pretoria staan bekend as FABI-1 en FABI-2, en is die tuiste van ’n nagraadse kursuskombinasie wat insluit Biochemie, Plantkunde, Genetika, Mikrobiologie, Plantpatologie, Dierkunde, Entomologie en Plantproduksie. Dit huisves ook die Nagraadse Skool vir Landbou en Landelike Ontwikkeling en gevorderde biotegnologie laboratoria. Die geboue is ontwerp deur Willie Oosthuizen van VDO Argitekte. FABI-1 is in Maart 1999 ingewy en die aangrensende FABI Bioinformatikaplein (FABI-2) in 2002.[1]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ Universiteit van Pretoria: Kampusgebouegids, 2008, besoek op 20 Junie 2015
Koördinate: 25°45′21″S 28°14′06″O / 25.75583°S 28.23500°O